|
O NEE, HEL, EK
WEET NIE
robeerslag
van leuen.
Vir die lui skolier.
Wat die onafgehandelde huiswerk aan sy onnie moet verduidelik.
Hulpkreet van skaamte.
Vir die jong tienermeisie.
Wat haar ouers se talle vrae, oor die onbeplande swangerskap,
wil ontwyk.
Gedagte van mislukking.
Vir die pasgetroude student.
Wat treur oor sy vryheid en oor die besluit van sy huwelik
twyfel.
Wens van vervulling.
Vir die desperate ma.
Wat haar skreeuende baba in haar arms wieg en aan ‘n
kalmeermiddel probeer dink.
Eksklamasie van skok.
Vir die besorgde ouers.
Wat hulle kind se dwelm verslawing t.o.v. hulle opvoeding wil regverdig.
Uitdrukking van radeloosheid.
Vir die gefrustreerde man.
Wat die kant onderklere onder sy kar se sitplek aan sy vrou moet
verduidelik.
Opwelling van afguns.
Vir die liefdelose egpaar.
Wat moed opgegee het om aan hulle huwelik te werk en wonder wat
dit veroorsaak het.
O nee, hel, ek weet nie.
Vir die Skepper.
Wat met afsku toekyk wat op aarde aangaan…en net sy kop skud.
© Claudia Höpfner –
6 April 2006
 |